Erika en Alexzander kyk liefdevol na mekaar
Erika & Alexzander

DIE GROOT DAG IS BINNE

17:00  |  ZASTRON  |  22 HENDRIK STRAAT

JY WORD UITGENOOINA DIE TROUE VAN

ERIKAenALEXZANDER

SWIPE OM TE OPENSWIPE VERDER
Erika en Alexzander van aangesig tot aangesig teen skemer

ERIKAenALEXZANDER

SCROLL

BESONDERHEDE

DATUM
Saterdag, 19 Desember 2026
TYD
17:00
VENUE
Zastron22 Hendrik Straat
DRAGKODE
Semi-formeelGeen jeans nie
BRING SAAM
Jou eie coolermet drinkgoed

ONS STORIE

Erika en Alexzander se storie het begin toe Erika nog op skool was — met ’n cooler wat per ongeluk gebreek is.

Volgens Alexzander was dit natuurlik geen ongeluk nie… hy spot haar tot vandag toe en sê sy het hom aspris gebreek net om met hom te praat.

Maar daardie klein oomblik het iets besonders begin. Hulle het begin praat, mekaar leer ken en met tyd het dit gegroei tot ’n liefde wat sterker was as afstand. Hulle het vir ’n lang tyd langafstand gedoen, met baie kilometers tussen hulle, maar nooit genoeg om hulle harte van mekaar weg te hou nie.

Vandag deel hulle al ’n rukkie ’n lewe saam, met hul vier honde wat deel is van hul klein gesin.

Van ’n gebreekte cooler tot ’n liefde, ’n huis en ’n lewe saam — soms begin die mooiste stories op die mees onverwagte maniere.

En dalk was daardie cooler nie ’n ongeluk nie… dalk was dit net die begin van hulle vir altyd.

Erika omhels Alexzander, haar verloofring in die laatmiddaglig

RSVP

LAAT ONS WEET OF JY SAAM MET ONS SAL VIER

JOU BESONDERHEDE